Posted by admin in Festival | 0 comments
CLAERHOUTKUNSTEFEES PROGRAM 2011
PROGRAM – 25 – 27 FEBRUARIE 2011
VRYDAG : 25 FEBRUARIE 2011
TOEGANG:- R50 volwassenes, R30 kinders, voorskools gratis.
10.00: Biertuin open
12.00: Opvoering:- Boer Manie en die Basaar (Excelsior Stadsaal) R15 p.p.
(Madeliefievlei se bobaas-boer is terug! Sy vrou, Ant Maggie, wen elke jaar die gesogte Gouestroop-kook-en-stook-prys, maar wat gebeur as die ou pruimbek-buurvrou, Bessie Bitterbolla, ook deelneem? Ant Maggie se heuningkoek verdwyn en voor jy kan së: “O koek!” kom daar groot kastrolkaskanades! ‘n Moet-sien vir jonk en oud!)
12:00 – 18:00 Kaas- en wynproe (CHECKERS) (Pallecan Artsgebou) R20 p.p.
14:00: Gaskunstenaars – Rian Ungerer, Pieter West, Willie Steyn, Mario Boffa, Jan Botes en andere (CHECKERS FEESTENT)
Feestoere (met trekker en sleepwa) besoek besienswaardighede. (R30 volw, R10 kinders)
(Vertrektye sal by die kantoor beskikbaar wees).
14:00 Toneelopvoering:- “IMPI 2” met Ilne Fourie (Excelsior Stadsaal) R35 volw., R15 kinders
Hierdie komiese eenvrouvertoning bevat verskeie skerpsketse, staaltjies, lewensverhale en kleurryke karakters wat Meisie se pad gekruis het. Nuwe en ou karakters word met kleur en geur nageboots, stories word vertel en Meisie is terug met net een doel: om ook famous te word soos haar Idols, Rina Hugo en Jakkie Louw!
16:00 Gé Korsten Sangproduksie met Deon en Werner (Methodiste Kerk) R40 volw, R15 kinders
17:30 Orreluitvoering in N.G. Kerk met Neels du Preez (Gratis)
20:00 Gaskunstenaars:- (CHECKERS FEESTENT).
PIETER WEST (Idols)
KURT DARREN
BAHLZAK
SATERDAG : 26 FEBRUARIE 2011
TOEGANG:- R50 volwassenes, R30 kinders, voorskools gratis.
08.00: Stalletjies (uitstallers asook kosstalletjies) te feesgronde open.
KINDERVERMAAK:-
TONELE, POPPEKAS ITEM, MIMIEK KUNSTENAARS, NARRE,GESIGVERF, DANSE, GIANT SLIDES, ADVENTURE ISLAND, 3 IN 1 JUMPING CASTLE, ROCKET, SKY DANCERS, EN VELE MEER!!
09.45 Amptelike opening van fees (CHECKERS FEESTENT)
10:00 Biertuin open
10.30 Opvoering:- Boer Manie en die basaar (Excelsior Stadsaal) R15 p.p.
10:00 – 19:00 Verskeie kunstenaars tree op in CHECKERS FEESTENT -
Rian Ungerer, Jana Stoltz Sangskoolstudente met “live band”, Pieter West (Idols), Deon en Werner in Duet, Trevor Nasser, Nic Klopper Musiekskoolstudente, Oros in ‘n lang glas, Mario Boffa.
Feestoere (met trekker en sleepwa) besoek besienswaardighede. R30 volw, R10 kinders.
(Vertrektye sal by die kantoor beskikbaar wees).
11:00 Chilli wors-eet kompetisie (Doen navraag by feeskantoor).
11:00 Sokkerwedstryd (finaal) Excelsior Sportgronde (Gratis)
11:00 – 18:00 Kaas- en wynproe (CHECKERS) (Pallecan Artsgebou) R20 p.p.
Jukskei-toernooi (Excelsior Sportgronde) (Toegang gratis)
11:00 Luwes-fees asook boekbespreking “Die groot Kwilt” deur Nico Moolman (Claer-teater) (Gratis)
12:00 Ge Korsten Sangproduksie met Deon en Werner (Methodiste Kerk) R40 volw, R15-00 kinders
14:00 Toneel: IMPI 2 (Excelsior Stadsaal) R35 volw., R15 kinders.
15:00 Opvoering:- Die Jammer Hart deur W.A. De Klerk. Regisseur:- Nora Joubert (Claer-teater) (Gratis)
16:30 Orreluitvoering in N.G. Kerk deur Neels du Preez (Gratis)
19:30 Gaskunstenaars tree op in die CHECKERS FEESTENT
ZAK VAN NIEKERK
DOZI
OROS IN ‘N LANG GLAS
SONDAG : 27/02/2011
11:00 Lofprysingsdiens met Deon en Werner in Duet – Van Zoelenshoekplaas (Korannaberge).
13.00 Middagete – Van Zoelenshoekplaas. (Bespreking noodsaaklik – Kontak Heleen 082 706 0058)
4 x 4 – Playpen 1 & 2 – Van Zoelenshoekplaas, Korannaberge.
Program kan sonder vooraf kennisgewing verander.
Kontaknommers Feesnavrae:- Rina – 073 338 1784 Sonja van Wyk – 083 235 3763
Stalletjies: Ina – 082 376 4419
Verblyf en vertonings: Helena – 082 816 6297
Besoek webtuiste:- www.claerhout.biz. E-pos adres:- rina@claerhout.biz
VIR BUSVERVOER VANAF BLOEMFONTEIN, KONTAK ANDRIES – 083 412 7453
BESPREKINGS BY COMPUTICKET en/of FEES BESKIKBAAR

Loading...